A.D. Keet (1888–1972) was 'n bekende Suid-Afrikaanse digter en medikus wat bekendheid verwerf het as een van die vroegste skrywers van Afrikaanse minnedig. Die boek AD Keet aan die Woord - 'n Skakel met die Lae Lande is saamgestel is deur sy seun, A.D. Keet jnr (A.D. Keet II), as biografie en bloemlesing. Dit fokus op Keet se lewe en sy verbintenis met Nederland en bevat briewe, gedigte en herrineringe wat 'n intieme kykie in sy wêreld bied.
Die boek is uitgegee in 2004 deur Disa-Uitgewers, Tygervallei, Suid-Afrika en publisering is moontlik gemaak danksy 'n ruim subsidie van die A.D. Keet-Publikasiefonds.
Outeursreg is in 2004 deur die samesteller oorgedra aan Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), Bloemfontein, Suid-Afrika.
Dit is nou (2026) meer as 'n honderd jaar sedert A.D. Keet in Afrikaans begin dig het. Dit is vandag net so belangrik soos tóé, om Afrikaans as taal te ondersteun en vars te hou. NALN het gevolglik in 2026 aan die kleinkinders van A.D. Keet toestemming gegee om hierdie werk gratis op die Internet beskikbaar te maak, sodat almal dit kan geniet.
Daar is destyds weens koste- en tydsdruk die moeilike besluit geneem om dele van die oorspronklike manuskrip uit die gedrukte boek weg te laat. Die samestellers benut dus nou hierdie geleentheid om die betrokke gedeeltes hul regmatige plek in die manuskrip te gee, en enkele bycoegings te doen. Die belangrikste hiervan is die hoofstukke oor P.J. Nienaber en Jonkheer C.G.S. Sandberg, die werk getiteld Jan Celliers als Digter en Denker wat Keet as student geskryf het, verskeie addisionele fotos en sekere tot dusver ongepubliseerde gedigte.
Om die integriteit van die oorspronklike manuskrip te bewaar en terselfdertyd aan te dui waar hierdie elektroniese weergawe van die gedrukte boek verskil, is die betrokke gedeeltes gemerk soos in hierdie paragraaf - met 'n ligte groen agtergrond.
Alle tik- of drukfoute in hierdie elektroniese weergawe is uitsluitlik die verantwoordelikheid van die samestellers.
Besoek gerus ook Toonsettings van AD Keet se Gedigte waar toonsettings van A.D. Keet se gedigte versamel is.
Die oorspronklike briewe en dokumente van A.D. Keet word bewaar deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns te Pretoria.
Kontak Ons #
Ons waardeer enige terugvoer oor hierdie publikasie. Kontak ons gerus!
Outeursreg en Kopiereg #
Alle regte word voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag sonder die vooraf skriftelike toestemming van NALN of die Keet Nalatenskap gereproduseer, in 'n ontsluitstelsel bewaar of weergegee word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, hetsy meganies, deur fotokopiëring of die maak van opnames of andersins nie.