i - Vroegste Gedigte #
(Ongebundel)
Al Is Ons Nasie Nog So Klein #
Al is ons nasie nog so klein
Ons silwer sonnestrale skyn!
Ou Agteros
Ons weet dit mos
Kan ook nog in die kraal verskyn!
Al is ons nasie nog so klein
Ons is geseën met 'n brein
Wat helder, fris,
Talentvol is
En hom deur niks laat omhein!
Engeland #
As eens 'n wéreldkatastroof Ons liewe aard' in twee mag kloof, O, Heer, geen dan dat Engeland Hom nie bevind aan onse kant!
Die Verraaier #
Vir my aprt kan die vabond vrek! Hy wat sy land se vyand lek Dis glad nie werd nie dat hy leef Of dat die Heer hom ooit vergeef! Want as daar iets is wat ek haat Dan is dit lae volksverraad. En dié wat wil kan vir hom bid - Maar ek - ek sal daar eenkant sit.
Hollandsch-Zuid-Afrika #
Aan Koningin Wilhelmina
Wilhelmina, Koningin Van die Nederlande Tussen U en Afrika Loop daar tere bande. Kruger, onze held, het gij Ontvang met ope arme, Hij, die balling, moeg gestrij Vond bij U erbarme. Vir Uw moed en vir Uw trou, Vir Uw offerande, Reik Suid-Afrika U nou Dankbaar beide hande. “Gelderland” — die naam klink soet In die Boer se ore. O, hoe klop dit, Neerlands bloed So als nooit tevore!
’n Bossie Blomme #
Ek kry 'n bossie blomme
En weet nie waarvandaan —
'n Bossie bloedrooi blomme
En elkeen trek my aan.
Ek sien in al die blomme
Die beelt'nis van my lief —
So jonk en fris en vrolik
Is ook my hartedief
Dog't sal nie lank meer duur nie
O elke blom vergaan —
O, sê my, skoon asalea,
O, sê my: waarvandaan?
O, Nederland! #
O, Nederland, laat ál Jou bloedrooi liggies skyn — Die vuur se vonke val Dwarsoor die skeidingslyn! O, Nederland, ek weet Jou brandwag-poste staan Deur dik en dun gereed Om al wat kom te slaan! O, Nederland, pasop! Die wêreld is maar klein — As een die ander klop Hou reg jou karabyn!
My African Farm #
There's a wonderful charm In an African farm, It casts its spell from the start For its life is as free As the boundless sea, And that is the joy of my heart. Where the city sound Can ne'er redound I love to live and roam, And everywhere In the open air I find a peaceful home. When the day is born In the early morn And the dewdrops wash my feet, I'm out in the veld With my gun and my belt In the air so bracing and sweet. Though all is dry And clouds on high The thirsty earth do mock, There's hope again When drops of rain At last refresh my stock. In the cattle kraal I hear the call Of the bleating lambs at night; And to see an ewe To her child so true Is such a beautiful sight. There's many a place On the world's dear face That is soft and tender and true, But 1 don't know why — 1 would like to die On my farm in the dear old Karroo. Then oh! For the charm Of an African farm And the joy of living still, When every day Is bright and gay And the sunbeams drink their fill!
O, Heerlik #
O, heerlik, begeerlik die stilte
Wat God aan die digter gee
As hy staan op die top van die berge
En hy kyk na die wêreld benee.
O, heilige, veilige berge
Besielende rusoord daarbo
Van die siener en skeppende digter
En mense wat innig kan glo.
Ek wonder of onder die mense
Daar een is wat soveel geniet
As die digter wat staan op die berge
En sing maar sy vrolike lied.
Waar Bliksem $laan #
Waar bliksem slaan en donder dreun, Daar het ek eens 'n vrou hoor kreun. Daar het ek ook 'n lyk gesien — Die arme man het dit nie verdien. Hy't swaar gewerk en hy was trou, Aan God en Kerk, aan volk en vrou. Toe kom die weer en blits hom neer — O, Godheid Gods, wat maak jy seer!
Corrie #
'n Klein, rooi rosie op haar hoed, en aan haar voete Swart-fluwele skoentjies Soete soentjies Wemel om haar mond rond En vol van gloed Haar wange is — O, ek mis, ek mis haar nou: Corrie, kind, ek hou van jou! 'n Klein, rooi rosie op haar hoed en vlak daaronder wonderlike oë, Stil, bewoë, Helder, blou en mooi Rooi Gekleur van gloed Haar wange is — O, ek mis, ek mis haar nou: Corrie, kind, ek hou van jou!